Logo

Biltong & Pasta Pot

25 Februarie

Braai

3

'n Italiaans-Afrikaner Potjie

<p>Biltong &amp; Pasta Pot</p>
Bestanddele

250 g Biltong

500 g Penne Pasta

2 sopies Olyf Olie

2 Uie gekap

3 huisies Knoffel fyn gekap

1 houer Sampioene gehalveer

1 blokkie Beesaftreksel

2 koppies Kook water

1/2 koppie Wit wyn

50 g Tamatiepasta

1 sakkie Denny Alfredo Pasta Sous

1 koppie Volroom melk

250 g Cheddar Kaas gerasper

na smaak Varsgemaalde Swartpeper

vir opdiening Vars Pietersielie

Metode

SO MAAK MENSE

Verhit die olyf olie in jou potjie en braai die uie tot sag en gaar.

Voeg die knoffel en sampioene by en braai tot die sampioene sag is.

Meng die blokkie beesaftreksel met kookwater, en voeg dit saam met die wyn en tamatiepasta by die potjie.

Meng alles goed en laat dit kook vir 'n paar minute.

Voeg die pasta en biltong by.

Meng alles goed en plaas die deksel op die potjie. Laat dit prut vir so 5-8 minute en haal dan die deksel af van die potjie.

Voeg die melk en Denny Alfredo sous by.

Laat alles nou saam prut vir omtrent 10 minute tot die pasta sag en gaar is en die sous lekker dik is. Hou die pasta dop, indien dit effe droog raak en lyk of dit gaan brand, kan jy nog bietjie water byvoeg.

Sodra die pasta gaar is, voeg die kaas by en roer alles deur.

Geur met ekstra swart peper en vars gekapte pietersielie.

 

Peri-Peri Skilpadjies
Jan Braai
2020-02-25

Peri-Peri Skilpadjies

Gewildste Resepte