Logo

Biefstuk- en bloukaaspastei

23 Junie

6 porsies

Gebak

4

'n Ideale dis vir koue winternagte.

Biefstuk Pastei
Bestanddele

2 eetlepels Olyfolie

1 kg Beesvleis (sop biefstukke)

2 Uie gekap

50 g Meel

500 ml Bier

1 bossie Tiemie

2 Lourierblare

1 eetlepel Bruin suiker

300 ml Bees aftreksel

1 eetlepel Balsamiese asyn

150 g Harde bloukaas

325 g Skilferkorsdeeg

1 Eier geklits

Metode
  • Verhit die olie in 'n kasserol op 'n hoë hitte, en braai die biefstukkies tot diepbruin. Skep die biefstukkies in 'n bak vir later.
  • Verlaag die hitte effens en voeg die uie in die pan met nog 'n bietjie olie, indien nodig. Braai 8-10 minute, of tot sag en liggies goudbruin. Strooi die meel oor en roer tot dit gekombineer is, giet dan die bier stadig in, 'n bietjie op 'n slag, terwyl jy aanhoudend roer. Voeg die kruie en suiker by. Laat dit prut, plaas die biefstukkies weer saam met die aftreksel in die pan. Verlaag die hitte, bedek en kook vir 2-2.5 uur, of totdat die vleis baie sag is. Verwyder die deksel vir die laaste 20-30 minute om die sous te verdik.
  • Geur goed en roer die asyn daarby. Voeg 'n knippie meer suiker by indien nodig, afhangende van die bitterheid van die bier wat gebruik word. Laat heeltemal afkoel en verkoel dan oornag.
  • Verhit die oond tot 180°C. Verkrummel die kaas in groot stukke en roer deur die koue vulsel. Tiep dit in 'n pasteibak in.
  • Rol die deeg uit tot ongeveer 5mm dik, en net 'n bietjie groter as die pasteibak. Verf van die geklitste eier oor die rand van die bak. Plaas die deegdeksel oor die bak, druk die randjies vas om dit te seël, sny die oorskot deeg weg. Glans die deeg met die res van die eier. Sny 'n klein stoomgat bo-in en bak 30-40 minute of tot goudbruin.

Gewildste Resepte