Logo

Beesvleis-en-boontjie-chilli

19 Julie

Braai

Lees hier hoe om dié resep van Toks en Tjops voor te berei.

Beef and bean Weber gb
Bestanddele

1.2 kg stowe beesvleis (‘chuck’) in repe gesny

2 t kosher-sout

0.75 t swartpeper varsgemaal

1 e olyfolie

1 ui gekap

1 medium geelpeper fyngekap

1 groot jalapeño-rissie saadjies uitgehaal en fyngekap

1 e knoffel fyngekap

700 ml beesaftreksel

1 blik gekapte tamaties

2 e Six Gun-speserye

3 e masa harina

2 e ligte muscovado-suiker

2 t komyn gemaal

2 t paprika

1 t droë origanum

1 t gerookte paprika

2 blikke rooi nierboontjies gedreineer

0.5 t brandsous

2 e vars lemmetjiesap

cheddarkaas grof gerasper

gekapte salotte (slegs wit en ligte groen dele) na smaak

jalapeño brandrissies na smaak, gekap

suurroom

Metode
  1. Berei die rooster voor vir direk kook oor medium hitte en berei ‘n bakoond (Dutch oven) voor.
  2. Geur die vleis met een teelepel van die sout en peper. Maak die olie warm in die bakoond. Voeg die helfte van die vleis by en braai tot dit bruin aan weerskante is. Haal uit en braai die ander vleis. Wanneer dit bruin aan weerskante is, voeg die ander vleis en die ui en geelpeper by en braai tot sag. Voeg die jalapeño-rissie en knoffel by en braai vir nog ‘n minuut terwyl jy roer. Voeg die aftreksel, tamaties, Six Gun-speserye, masa harina, suiker, komyn, paprika, origanum, gerookte paprika en die ander sout by. Meng goed en laat prut.
  3. Verlaat die temperatuur tot medium-laag en prut verder tot vleis sag is, ongeveer 1 ½ en 1 ¾ ure. Roer elke dan en wan. Voeg boontjies by die laaste 15 minute van die kookproses.
  4. Verwyder bakoond van die rooster en skep enige oortollig vet af. Roer die lemmetjiesap in. Skep in bakkies op en bedien met kaas, salotte, rissie en suurroom.
spicy beef cury weber india
Toks & Tjops Poster
19 July 2019

Geurige Indiese-kerrie

Gewildste Resepte