Logo

Beesvleis-en-bier-pasteie

29 Julie

Gebak

Hier is hoe om Beesvleis-en-bier-pasteie voor te berei, soos gesien op Toks en Tjops.

Beef and draught pie weber eu
Bestanddele

1 kg rumpsteak in 2cm blokkies gesny

2 e olyfolie

swartpeper vars gemaal, vir smaak

sout vir smaak

1 e Six Gun-speserye

1 groot bruin ui fyngekap

2 huisies knoffel fyngemaak

3 spekrepe in dun repies gesny

5 takkies vars tiemie blare verwyder

2 loerierblare

0.3 k meel

0.5 k beesaftreksel

0.5 k Jimmy’s-sous

375 ml Windhoek Draught

Canola-kooksproei

2 velle broskorsdeeg

2 velle blaardeeg

1 eier geklits

Metode
  1. Plaas een eetlepel olyfolie in die wok. Maak jou gasbraai warm soos vir direkte kook met die wok binne-in vir 10 minute.
  2. Meng die vleis en die res van die olie, Six Gun-speserye, peper en ‘n knippie sout in ‘n mengbak.
  3. Braai die uie, knoffel en spek in die wok vir 10 minute.
  4. Plaas die vleis direk op die rooster en kook vir 3 minute aan elke kant. Sodra dit gebraai is, haal af en plaas eenkant.
  5. Sodra die uie bruin is, voeg die tiemie, loerierblare en meel by. Meng goed en kook vir ‘n paar minute. Voeg die Jimmy’s-sous, aftreksel, bier en vleis by. Meng goed.
  6. Kook vir nog drie minute of tot dit begin borrel.
  7. Gebruik handskoene en verwyder die wok van die braai. Sit ‘n konveksie-bord en driepoot op die braai en plaas die wok op die driepoot. Neem ‘n lang stuk foelie en vou dit in die helfte. Maak die bokant van die wok toe met die foelie. Kook die pasteivulsel vir ongeveer ‘n uur en ‘n half tot die vleis sag is.
  8. Wanneer dit klaar gekook is, hou dit eenkant tot dit afgekoel is of los dit oornag in die yskas.
  9. Spuit die holtes van ‘n muffinpan met canola-sproei. Gebruik ‘n koekiedrukker met ‘n 9cm deursnit en sny 18 sirkel van die broskorsdeeg. Druk 12 van die sirkels in die muffinpan se holtes.
  10. Vul elkeen van die holtes met pasteivulsel en maak seker dat dit nie hoër as die deeg gaan nie. Verf die rand van die deeg met die geklitste eier. Gebruik ‘n koekiedrukker van 6cm en druk 18 sirkels uit die blaardeeg.
  11. Plaas 12 van die blaardeegsirkels op die pasteie en druk vas om te seël. Verf bokant met geklitste eier. Plaas die muffinpan op die driepoot en sit die gasbraai op bak-stelling.
  12. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en die deeg gaar is.
  13. Volg dieselfde instruksies vir die ander ses pasteie.
Beef and bean Weber gb
Toks & Tjops Poster
19 July 2019

Beesvleis-en-boontjie-chilli

Gewildste Resepte