Logo

Basiese veelsydige bolognese

02 April

6–8 persone

Italiaans

352368

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Basiese Veelsydige Bolognese Resep01
Bestanddele

1 Ui fyn gekap

200 g Spek gekap

30 ml Olyfolie vir braa

500 g Maalvleis

4-5 huisies Knoffel fen gekap/gerasper

1 teelepel Oreganum

1 blik Gekapte Tamaties

1 blik Tamatie puree

1 koppie Aftreksel

Sout & Peper na smaak

Metode

Braai die uie tot sag in 'n bietjie olie,  voeg die spek by en hou aan braai tot goudbruin.

Voeg nou die maalvleis by en braai oor ’n hoë tot matige hitte tot die maalvleis lekker bruin gebraai is. Dit neem omtrent 10 minute.

Voeg die knoffel by die maalvleis en braai vir so minuut.

Voeg dan die oreganum, blikkie tamatie en die tamatie puree by.

Gooi koppie aftreksel by, na gelang van hoe dik jy die Bolognese wil he.

Stoof die bolognese. Hoe langer hoe beter… Dit kan tot 2-3 ure stadig kook.

Hou vir 2-3 dae in yskas, vries goed en fantasties vir grootmaat maak en later ontvries vir disse soos moussaka en lasagna.

Gewildste Resepte