Logo

Arepa

12 Desember

Gebak

4

Wanneer jy growwe mieliemeel gebruik mag dit dalk nodig wees om ‘n eier by jou beslag te voeg.

Arepa – Net Koffie
Bestanddele

2 koppies Mieliemeel

15 ml Growwe sout

2 blikke Suikermielies

2 koppies Water

1/4 koppie Olyfolie

Mozzarella

Metode
  • In 'n mengbak, roer die sout by die mieliemeel.
  • Voeg ‘n bietjie suikermielies op ‘n slag by jou mengsel tot die tekstuur reg is om ‘n balletjie te kan vorm, beslag moet nie te nat wees nie.
  • Voeg water by die beslag, soos nodig om die perfekte balletjie/”plaatkoekie” te vorm. 
  • Maak seker jou pan is die regte temperatuur en voeg jou olie in die pan.
  • Braai die arepas vir sowat 5 minute aan elke kant. Die oppervlak moet droog word en 'n kors vorm. Hulle sal effens verbruin, maar moenie dat hulle te veel verbruin nie. As hulle te vinnig verbruin, verlaag die hitte. Voeg nog olie by vir die volgende sarsies soos nodig.
  • Bedien saam met mozzarella kaas na smaak.
CHOC-CHIP KOFFIEKOEKIES – Net Koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Choc-chip koffiekoekies

Gewildste Resepte