Een gelukkige kyker staan die kans om R100 000 te wen met kykNET se Wie word 'n miljoenêr? en LottoStar.
Skakel Woensdae om 20:00 in vir Wie word 'n miljoenêr? en beantwoord een eenvoudige vraag, weekliks, net hier.
*Jy kan slegs een maal jou antwoord indien per week.
*Om in aanmerking te kom om die R100 000 te wen, moet jy ten minste vier keer/weke deur die loop van die hele kompetisie die korrekte antwoord gee.
*Elke episode dien as 'n rondte, 'n rondte wat loop vanaf Woensdag 21:00 (na die afloop van die episode) tot die volgende Woensdag 20:00 (voor die afskop van die volgende episode).