Logo
Waterfront Slim Bill
Kate

Kate Myburgh

As die jongste van die drie susters en ’n laatlammetjie is daar nooit veel aandag aan haar geskenk nie.

Kliek op ‘LEES MEER’ indien jy meer wil weet van Kate.

 

 

 

Sy het ’n baie lae selfbeeld wat sy agter ’n perfekte glimlag wegsteek en met dwelms en seks verdoof. Sy leef haar lewe lank op kussings van gemak en het geen erg aan werk nie – sy’t al twee grade opgeskop. Tog het sy ’n kunstige streep en maak en verkoop Meksikaanse Alebrejes aan ’n paar winkels in die Waterfront. Sy word later betrek by die ontwerp van die seiljagte se interieur.Van die drie susters is sy dalk die mees tragiese figuur, aangesien sy altyd teen die familie-intriges beskerm is en nooit werklik bewus was van haar pa se doen en late nie. Tot hy haar dwing om ’n aborsie te kry en sy besef watter man hy eintlik is. Albert Hugo, ’n getroude man, is die een man vir wie sy egter lief is, maar ook die een man wat sy nie kan kry nie.

OP HAAR BESTE:

’n Innemende vrou wat na aan haar emosies leef en nie skroom om haar gevoelens te wys nie.

OP HAAR SLEGSTE:

In haar binnekamer, waar sy ná nog ’n aand by ’n vreemde man haarself verag tot op die rand van selfmoord.

WAT WIL SY HÊ?

Die sekuriteit en vrede wat ’n liefdevolle verhouding kan bring.

WAT KRY SY?

Die geleentheid om tot haar reg te kom deur afstand tussen haar en haar familienaam te kry.

VERHOUDING MET BEN:

“Hy sou seker ’n goeie pa gewees het as ek ’n seun was.” OF “Hy sou seker ’n goeie pa gewees het as hy geweet het van my.”