Logo
Slim BB spoorloos
web uni tv guide

Spoorloos

144Drama13 VL
2

Daniel Steyn

Vertolk deur Stiaan Smith.

Daniel is ’n man wat glo dat almal gelyk behandel moet word. Daar was nog altyd net een vrou in sy lewe en dit is sy vrou, Joey. Daniel het ’n passie vir landbou en dit was nog altyd sy droom om die familieplaas Steynhof by sy pa oor te neem. Nou, vyftien jaar ná die tragiese dood van sy broer Herman, is Daniel wel die baas van die plaas. Daniel is ’n man van beginsel en het gehou by sy woord toe hy aandele in die plaas aan van sy werkers begin gee het, maar hy het ’n sagte hart en mense kan vinnig oor hom loop.