Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

PRONTUIT 9 Julie 2018 - Segment 3 - Kindervrye Leefstyl

Video
10 Julie

Is dit selfsugtig van getroude paartjies om nie kinders te hê nie? Of is dit selfsugtig om wel kinders te hê? In Suid-Afrika is daar ’n toenemende aantal vroue en paartjies wat kies om nie kinders te hê nie. Volgens Statistieke Suid-Afrika speel beroep, geletterdheid en inkomste ’n rol in dié besluit om kindervry te leef. Die meerderheid vroue wat kindervry leef, 51%, is swart. Vanaand is my gaste prof. Mzikazi Nduna, ‘n sielkundige van WITS, dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, ’n voorligtingsielkundige en dr. Etienne Kok ’n seksuoloog van Tukkies. Voor ons met hulle gesels, kom ons kyk gou na ’n insetsel oor die keuse om ’n ma te wees of nie. Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!