Logo
Poena Slim
web uni tv guide

Poena

144KomediePG13 SL

Poena kry sy eie volwaardige TV-reeks

News
17 Februarie 2022
Poena begin op Maandag 4 April 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Poena reeks

In 2007 het ons die eerste keer vir Poena Pieterse ontmoet in die ikoniese fliek Poena is koning. In 2020 was hy weer op ons skerms in die TV-fliek Poena, en in 2021 in die TV-fliek Poena en Poenie. Weens die groot sukses van hierdie TV-fliek is daar besluit om vir Poena sy eie reeks van 13 episodes te gee – Poena  word vanaf Maandag 4 April 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

In die komediereeks ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het en kom woon saam met sy werklose nefie Poenie (Kaz McFadden) by sy oupa Poen (At Botha). Ook saam met hulle in die huis woon Poen se geliefde Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Dit is uiteraard chaos met soveel mense onder een dak, maar ’n boer maak ’n plan.

Poen trek Paternoster toe en maak droog saam met sy vriend Vis (Lochner de Kock) en Poena en Poenie neem Poen’s Plumbing oor. Hulle leuse: “Ons is nommer een in die nommer twee game”.

Dis egter nie net die loodgietery wat hulle besig hou nie - hulle werk ook aan hulle ander drome. Poena droom steeds om ’n superster-sanger te word en gelukkig het hy vir Elton Lamoer (Reginald Hufkie) as sy vervaardiger wat gaan help om daardie droom waar te maak. Dan is daar Shakira Haasbroek (Danielle Retief), die sexy paaldanser wat Poena se oog gevang het ...

Die meester van Afrikaanse komedie Willie Esterhuizen, wat ook vir reekse en flieks soos Molly & Wors, Orkney Snork Nie en Lipstiek Dipstiek verantwoordelik was, is die draaiboekskrywer van Poena. Pieter Esterhuizen is die regisseur. “Wat ‘n voorreg om die Poena reeks te kan maak! Robbie en al die spelers is ‘n fees om saam te werk. Ek weet die kykers gaan ons modern family baie geniet!” sê Willie.

Poena begin op Maandag 4 April 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).