Logo
My ma kook beter as joune
web uni tv guide

My Ma Kook Beter As Joune

145KookprogramPG13

seisoen

2

1

My ma kook beter as joune

In My ma kook beter as joune, wat aangebied word deur Early B, ding twee spanne teen mekaar mee. Die spanne bestaan elk uit ’n ma wat haar plek in ’n kombuis kan volstaan en een van haar kinders wat glad nie kan kook nie. Die wenspan neem ’n stewige R10 000 huis toe en die reg om te kan spog: My ma kán beter as jou ma kook.

S1 | E13
01 April 19:30
'S1/E13 of 13'. Hulle ma's kook met liefde, maar Annike en Kristen-Kay haat kosmaak. Wie gaan eerste vou?

Skryf nou in vir My ma kook beter as joune se tweede seisoen!

News
23 Januarie 2023
Hier is hoe jy kan inskryf!
My ma kook beter as joune

Kyk jy tans kykNET & kie se My ma kook beter as joune, en dink jy kan beter doen? Of wil jy net baie graag die prysgeld wen?

Wel, nou is jou kans! Inskrywings is amptelik oop vir die tweede seisoen van My ma kook beter as joune.

Mammas, as julle jul kinders ‘n ding of twee wil wys, dan volg die instruksies hieronder. En wie weet, julle mag dalk R10 000 ryker wees!

Twee ouer-kind spanne ding teen mekaar mee vir ‘n kontantprys! Om deel te neem moet daar ‘n nou familieverwantskap wees. Ma’s of pa’s kan deelneem saam met ‘n dogter of seun. Kinders kan tieners bo 16 wees of in hulle twintigs, dertigs of veertigs, solank hulle ‘clueless’ is in die kombuis.  Daar sal ook gekyk word na tannies, oumas, voogma’s, peetma’s, stiefma’s en skoonma’s. 

Belangstellendes skryf in met die aansoekvorm en ‘n whatsapp-video. Aansoeke sluit op 17 Februarie 2023. Verfilming vind plaas tussen 27 FEBRUARIE EN 29 MAART 2023 in Kaapstad.

Video Riglyne: 

• Maak saam ‘n WhatApp video (tussen 2 – 4 minute) sodat ons julle kan leer ken: Stel mekaar voor en vertel hoekom julle die ideale span is om deel te neem. Hou die video in ‘n ligte luim om iets te wys van die verhouding tussen julle. 

• Vertel wat Ma die graagste vir die gesin kook.

• Wat is daar wat jou ma/pa in die kombuis doen wat jou teen die mure uitdryf?

• Wat is daar wat jou kind in die kombuis doen wat jou teen die mure uitdryf?

• Deel sommer ‘n staaltjie of iets snaaks wat al rondom julle kosmaak gebeur het. 

WENK: wys dat julle goed kan saamwerk en bereid is om prêt te hê!

Stuur die video per WhatsApp na 079 111 0019 en e-pos die inskrywingsvorm na [email protected]

My ma kook beter as joune is tans elke Saterdagaand om 19:30 op kykNET & kie, DStv- kanaal 145.

Meer vermaak