Logo
Komplex 1600x640 Showpage Billboard
web uni tv guide

Kompleks

144Drama13 L
Kompleks Poster2 924x1360

Sean en Mika is twee tieners. Hulle sit alleen by die huis vir die wintervakansie. Alles verander egter as hulle per toeval ontmoet en 'n vriendskap begin wat beide hul lewens definieer.

S1 | E9
17 November 20:30
'S1/E9'. Mika sukkel om te verstaan hoekom Sean so afsydig is. In 'n ander heelal probeer 'n ouer Sean om die foute wat ...

Kompleks – twee heelalle, vier harte, een siel

News
28 Augustus 2020
Kompleks, die nuwe dramareeks wat op 22 September begin, is eiesoortig.
Komplex 1600x640 Launch Billboard

‘n Reeks op vele vlakke met ‘n sterk rolverdeling en ‘n ewe sterk span agter die skerms.

“In letterkunde word verwys na bildungsromans. In Nederlands word dit ‘n vormingsroman genoem. Louis Pretorius, wat die reeks geskryf het, noem dit ‘n coming of age storie.

“Dis ‘n ligte drama en ‘n coming of age story in die klassieke styl van reekse uit die 90’s soos Dawson’s Creek en My so called life,” sê Louis wat saam met Albert Snyman ook vir reekse soos Die Boekklub en Fynskrif verantwoordelik was. “Die reeks het sy ontstaan uit tienerwees en die onvermoë om te sê wat mens werklik voel; ‘n kollektiewe geheue uit ons almal se grootword in die 90’s wat na 2019 verplaas is.”

Die storielyn is veelvlakkig. Aan die een kant die storie van twee tieners, maar aan die ander kant hoe besluite wat ons neem ons lewe kan beïnvloed. Volgens Louis is die reeks nie net gemik op jongmense nie, maar op almal wat hulle hart al verloor het.

Die een heelal is die wintervakansie van 2019. Sean en Mika (gespeel deur Arthur Falko en Melissa Myburgh) se vriende is weg met vakansie en hulle is alleen by die huis. Sean se ouers, gespeel deur Milan Murray en Stian Bam, leef in stilte, terwyl Mika se ouers (Therese Bam en Paul du Toit) op skei staan. Deur ‘n sameloop van omstandighede ontmoet die twee tieners en alles verander. Tussendeur lukrake gesprekke, planete soek en ‘n gedeelde liefde vir musiek, begin ‘n verhouding wat beide se lewens sal definieer. 

In ‘n ander heelal, soortgelyk aan die eerste een maar tog anders, is dit die begin van 2019. In hierdie heelal is Sean en Mika heelwat ouer. Sean (Armand Aucamp) is ‘n aktuaris en sy vriende dink hy’s alleen. Mika (Roeline Daneel) is ‘n weduwee en haar dogter dink sy is alleen. Dan ontmoet Sean vir Belinda (Greta Pietersen) en Mika vir Tristan (Ivan Botha). Albei oorweeg dit om die liefde nog ‘n kans te gee, maar in hul agterkoppe is ‘n wintervakansie van baie jare gelede en die vergete droom van ‘n vriendskap. 

Die twee wêrelde word oorbrug deur Koos Kombuis wat as verteller van die reeks optree. Deon Meiring is vir die temalied verantwoordelik en sy, sowel as Kombuis se treffers, word deur die loop van die reeks gebruik. Verteltegnieke soos die hoor van die tieners se gedagtes, gesplete skerms, en abstrakte beelde om emosies uit te beeld, gaan sorg vir ‘n unieke kykervaring. 

Ander spelers in die reeks sluit in Crystal Donna Roberts, Stephren Saayman, Wian Taljaard, Nicol Steyn, Keeno Lee, Daniah de Villiers en Nancia Dorland. Die regie word behartig deur die welbekende aktrise, Tinarie van Wyk Loots.

Die reeks, wat onder streng maatreëls tydens inperking verfilm is, bestaan uit nege halfuur-episodes en begin op 22 September om 20:30.

Nog Programme