Logo
Kokkedoortjie Slim
Kokkedoortjie Dean

Dean

Dean (12) van Kempton Park bring die meeste van sy tyd in die kombuis of in die mancave in hulle huis deur. As Dean nie in die mancave is nie, is hy in sy eie groentetuin wat hy geplant het en versorg. Hy het sy kosvaardighede by sy ouma geleer, wat baie goed kan kook. Hy het ook ’n antieke kameraversameling, waarvan die oudste een uit 1859 kom.