Logo
Kofifiland Slim Bill
web uni tv guide

Kofifiland

145JoernaalprogramPG
Claudia Jones

Claudia Jones

Claudia Tiffany Jones is ’n jong dame van Westbury wat op 13 Januarie 1993 gebore is aan twee wonderlike ouers. Sy het Laerskool Bernard Isaac bygewoon waar haar liefde vir die verhoog ontdek het.

Sy hou van toesprake lewer en voor mense optree as seremonie meester.

Sy het aan die Nasionale Skool vir Kuns (NAC) drama as hoofvak geneem, en na skool het sy sielkunde studeer – tans besig om haar graad te voltooi.

Sy het saam met ’n teatermaatskappy teater in die opvoedkunde produksies by skole regoor Suid-Afrika gedoen.

Teen die einde van 2015 het haar verhouding met Kofifi FM begin, en het oor die jare heen verstewig. Sy bied nou ’n program saam met die beste vennoot in die wêreld, Paps Moffat, aan.

“Ek is een van baie min mense wat hul doel en passie baie vroeg in die lewe kon besef en ek dank God daarvoor,” sê sy. “Ek bid dat hy in hierdie veld sal bly soos ek baie te bied het.”