Logo
Hotel S5 Slim
KV2 Deelnemer Ezmé Hartman6

Ezmé Hartman

Ouderdom: 51
Tuisdorp: Stellenbosch
Beroep: Besigheidseienaar en kunsvlyt-tutor

Hoekom dink jy is jy ’n goeie kandidaat vir die kykNET-program Kunsvlyt?
Ek is veelsydig, kreatief en het wye ondervinding van verskillende tipes kunsvlyt... en ek lief kreatiewe uitdagings!

Watter tipe kunsvlyt doen jy en wat geniet jy die meeste?
Ek doen verskeie tipes kunsvlyt, maar veral papercraft en mixed media, asook baie handborduur-en naaldwerk.

Hoe gereeld doen jy kunsvlyt?
Daagliks.

Watter ander stokperdjies beoefen jy?
Al my stokperdjies is van kreatiewe aard. Ek doen die volgende: scrapbooking (fotoplakboeke), maak kaartjies, kreatiewe mixed media canvasses met nat en droeë mediums, asook junk- en kunsjoernale. Ek borduur ook graag en doen baie naaldwerk. Dan doen ek ook dekorprojekte soos Annie Sloane-verftegnieke op moë meubels. En fotografie. Ek probeer soveel nuwe dinge en tegnieke as wat ek kan.

Wat is die grootste passie in jou lewe?
Om my kreatiwiteit uit te leef en daardeur ook ’n inspirasie vir ander te wees.

Vertel ons meer van jou gesin/familie.
Ek en my wonderlike ondersteunende man, Martin, woon saam met ons agt katkinders op ’n plaaslandgoed in die Boland se wynlande. Ons het saam vier volwasse kinders. Ons is ’n groot gesin en die beste tye is wanneer almal met hul lewensmaats kom kuier, saam werskaf in die kombuis, en uiteindelik stories vertel om die eetkamertafel!