Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V
Lulu

Lulu Malherbe

vertolk deur Ansu Visser
Lulu Malherbe is op 28 Februarie 1992 gebore. Sy is ’n bestuurder by Pottie’s, asook ’n spysenier.

Haar pa is Charlie Malherbe en haar ma Maggie Malherbe. Sy het ’n ouer broer en suster. Haar ouers is albei hippies, en vegetariërs, en woon op ’n plaas in Helderberg. Lulu is baie lief vir haar ouers, maar sy het nie noodwendig dieselfde “New Age” waardes as hulle nie.

Kontrastrerend van die huis waarin sy grootgeword het, is sy ietwat van ’n beheervraat.

Sy raak verloof aan haar kêrel, Simon Greeff, én swanger met sy dogtertjie. Sy los hom egter wanneer sy uitvind hy het haar met sy eksvrou, Renate Greeff, verkul.