Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V
Lienkie

Lienkie Vermeulen

vertolk deur Mandie du Plooy-Baard
Lienkie Vermeulen is in 1989 gebore. Sy werk in die Stryders se bemarkingskantoor. Sy is getroud met die rugbyspeler, Blitz Vermeulen, en hulle het ’n seun, Johan. Sy en Blitz het ’n verhouding gehad toe sy ’n leerlingonderwyseres was en Blitz ’n matriekleerling. Sy het in daardie stadium swanger geraak met Johan. Sy het dit egter nooit vir Blitz vertel nie. Hy het nege jaar later vir die eerste keer sy seun ontmoet. Lienkie en Blitz het weer verlief geraak op mekaar en is getroud.

Nadat sy getroud is, het Lienkie as onderwyseres bedank en het sy nou ’n goeie werk in die digitale bemarkingsveld.

Sy is in 2020 met pankreaskanker gediagnoseer en sy is tans in remissie.