Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V
Jordan

Jordan James

vertolk deur Theodore Jantjies
Jordan James is op 12 Oktober 1983 gebore. Hy is die kondisioneringsafrigter van die Stryders. Hy het ’n meestersgraad in Kinesiologie en 13 jaar se ervaring as kondisioneringsafrigter.

Sy vrou, Elisha, en hul ses maande oue babadogtertjie, Diané is op 18 November 2016 oorlede nadat hulle in ’n motorongeluk betrokke was waarin ’n besope man in hulle vasgejaag het.

Sy ouers is albei oorlede. Hy het ’n broer, Mervyn (35), ’n besigheidsman, en ’n suster, Patricia (34), ’n dosent in Letterkunde.

Jordan het vir drie jaar lank rugby in Nieu-Seeland afgerig en daarna teruggekeer Suid-Afrika toe, nadat hy ’n verhouding met ’n getroude vrou, Marilyn Strauss, gehad het.

Hy is tans verloof aan Bibi Bhele.