Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V
Jana

Jana Kritzinger

vertolk deur Juanita de Villiers
Jana Kritzinger is op 15 Maart 1981 gebore. Sy is ’n joernalis en besit 49% aandele in die publikasie, SinBin.

Sy is ’n weduwee, maar is tans in ’n verhouding met Schalk Brand. Sy het hom ontmoet toe sy as spookskrywer van sy outobiografie aangestel is.  

Haar oorlede man, Jan, is in 2014 oorlede. In 2016 is sy met ’n Griek, Alesandro Mazarakis, getroud. Hulle was slegs vir een maand getroud voor hulle geskei is.

Jana was ontvoer toe sy ondersoek ingestel het in ’n onwettige maatskappy waarby Bart betrokke was. Sy is egter maande later in Panama gevind, waarna sy tydelik aan geheueverlies gely het.