Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13
Candice

Candice Johnson

vertolk deur Claudia Jones
Candice Johnson is op 27 Oktober 1995 gebore. Sy is ’n skrywer, aktrise en eienaar van In Die Kan Produksies.

Sy en haar lewensmaat Liam Willemse het ’n saamwoonooreenkoms geteken en woon saam. Sy het twee jonger sussies, Charlotte en Jo-anne - albei is nog op skool. Haar ouers is geskei en haar ma, Priscilla, is ’n moeilikheidmaker. Sy het byvoorbeeld al probeer om vir Candice te dagvaar en ook geld by haar gesteel. Candice besluit uiteindelik om alle kontak met haar ma te verbreek nadat Priscilla voorgegee het sy is verlam en probeer het om haar en Liam uitmekaar te dryf.

Candice het ’n suksesvolle webreeks, In Die Krake, vervaardig. Sy raak egter verlief op haar mede-akteurs, Markus van Deventer, en besluit om die reeks te kanselleer nadat Markus bedank en sy eie reeks begin vervaardig en haar hoofborg by haar afrokkel.

Sy werk tans as kelnerin in Pottie’s.