Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V
Buks

Buks Marais

vertolk deur Adriaan Marais
Buks Marais is op 15 September 1993 gebore. Hy is ’n rugbyspeler en speel vir die Stryders (voorspeler, stut).

Sy regte naam is Sarel. Hy hou glad nie van sy naam nie omdat hy op skool gespot is en Sarie Marais genoem is. Sy pa is ’n skelm besigheidsman.

Hy is in ’n verhouding met Nesie. *Hulle raak verloof en trou in Pottie’s. Sy skoonouers is Grease en Nytjie Griesel. Hy was al twee keer verloof (eers aan Celeste en later aan Vanessa Beetge) voordat hy met Nesie getrou het.

Hy het getwyfel oor Vanessa Beetge se getrouheid, so toe stel hy en Blitz ’n lokval vir haar. Blitz het voorgegee asof hy by haar aanlê en dit onmiddellik stopgesit toe hy besef sy is bereid om saam met hom te slaap. Hy het vir Buks daarvan vertel en Buks het die verlowing verbreek.