Edrien is ’n veelsydige Suid-Afrikaanse Sangeres, Aktrise en Skrywer met waagmoed en ’n lus vir die lewe. Sy het vroeg 2000’s haar loopbaan afgeskop met 2 onafhanklike Solo Albums. Haar musiek is ’n vermenging van Jazz en Kabaret. Sy is welbekend in die Afrikaanse Musiekteater kringe as ’n sterk komiese vertolker met ’n warm Mezzo sopraan stem. Haar Musiekteater hoogtepunte, sluit produksies in soos, Ons vir Jou, Ester, Liefling die musical, Droomkind en Aspoestertjie die Pantonime om maar ’n paar te noem. Haar musiek was te hoor in verskeie Afrikaanse Films, soos “Vir die Voëls” en “Alwyntyd”. Televisie gehore het haar al gesien in reekse soos Donkerland, Fluiters, Bloedbroers, High Rollers en Elke Skewe Pot. Sy het ook verskeinings gemaak in 7de Laan, Scandal en meer onlangs in Binnelanders . Sy was ook te sien op die Grootskerm in onder andere Vir die Voëls, Raaiselkind en Toorbos. Tussen al die verhoog en tv werk hou sy haar lyf Skrywer en geniet dit om stem werk te doen.Edrien het ’n hart vir mense en voel passievol daaroor om die wêreld ’n beter plek te los, as wat jy hom gekry het.