Logo
Cas Oppie Kassie 1600x640 Homepage Billboard
web uni tv guide

Cas Oppie Kassie

144Komedie16 SL
COK

Cas Oppie Kassie is ‘n vars nuwe komedie, met splinternuwe karakters en ook partykeer van Casper se bekende gunstelinge, soos Oom Kallie en Montelle, wat nuwe avonture aandurf.

S1 | E13
29 Junie 20:30
'S1/E13'. Die deelnemers is mooi aangetrek vir die Reünie en Chappie wys beeldmateriaal wat nog nooit vantevore gesien i...

Casper en kie is terug ná ‘n dekade op kykNET

News
14 Februarie 2020
Ná meer as ‘n dekade is komediant Casper de Vries terug met wat hy die beste doen – sketskomedie – in die nuwe reeks, Cas Oppie Kassie, vanaf Maandag 6 April op kykNET, DStv-kanaal 144.
Casper de Vries Persverklaring

Casper was einde verlede jaar in Janice Honeyman se pantomime, Jack and the Beanstalk, te sien en het kykers onlangs by die 10de kykNET Fiëstas as seremoniemeester vermaak. Nou kan kykers daarna uitsien om meer van Casper se humorsin in Cas Oppie Kassie te sien.

“Ek het die afgelope 11 jaar mense gehad wat my vra hoekom is ek nie op televisie nie, waar is my comedy show, want hulle het dit so geniet. Ek dink my liefde vir komedie bly jonk van gees en mense gaan in Cas Oppie Kassie presies dit sien,” sê Casper.

Dis ‘n vars nuwe komedie, met splinternuwe karakters en ook partykeer van Casper se bekende gunstelinge, soos Oom Kallie en Montelle, wat nuwe avonture aandurf. Hy word ondersteun deur ’n jong dinamiese span wat almal saam werk om die komedie op die hoogste standaard moontlik na die televisie te bring.

Kykers kan daarna uitsien om ‘n rits bekende akteurs in een van die komiese insetsels, Die Laager, in Cas Oppie Kassie te sien: Arno Greeff, Schalk Bezuidenhout, Chantal Jax Venter, Alfred Adriaan, Gugu Madlabane, Mila Guy, De Klerk Oelofse en Heidi Mollentze.

“Die Laager is basies wat Survivor sou wees in die tyd van die Voortrekkers. Dit gaan oor oorlewing, met die tema van Voortrekkers,” verduidelik Arno Greeff. “Ek vertolk die rol van Brummer Nel, ‘n eks-regsstudent wat nou ‘n influencer is. Hy het besluit om in te skryf vir Die Laager, sodat hy vir die land kan wys waar sy talente werklik lê en sodat hy kan bekend word.”

Cas Oppie Kassie is ook een van die eerste Afrikaans TV-reeks wat ’n animasiereeks – soortgelyk aan The Simpsons en Family Guy as deel van die program het. Con se storie is ‘n geanimeerde sepie oor ‘n pastoor, Con, en sy familie se lewe wat konstant met drama gevul is. “Dis vir my altyd wonderlik om vernuwend te wees – ek is onsettend trots op die eindresultaat!,” sê Casper.

In dié 13-episode reeks gaan kykers kan lag vir van Casper se mees geliefde karakters, soos Hanno, Greetje, Giselle, Blertsie, Renier van Loggerenberg, en liewe Oom Kallie Marie, maar ook nuwe karakters leer ken, soos Greta Donderberg, ‘n Sweedse meisie wat alles in haar vermoë sal doen om aardverwarming te keer, Chappie Greyling wat Die Laager aanbied en die sanger Snotklap.

Cas Oppie Kassie is ‘n mengsel van nostalgie en innovasie, storievertel en sketskomedie, sowel as bekende en nuwe gesigte. Ek dink nie kykers het al so ‘n tipe program gesien nie,” meen Hermi King, die vervaardiger van die reeks. 

“Die onderwerpe bly hedendaags – die jonger generasie, asook ouer mense wat tred hou met komediestyle oor die wêreld sal aanklank vind by Cas Oppie Kassie. Dis natuurlik nie vir sensitiewe  kykers nie, soos ons al in 2001 gesê het met Die Casper Rasper Show, maar intussen het 20 jaar verby gegaan en het kykNET se kykers self gegroei.  Ek hoop almal gaan lekker lag en dit oor en oor kan kyk, veral as gevolg van die hoë standaard van humor wat ons bring in Cas Oppie Kassie.”

Cas Oppie Kassie word vanaf Maandag 6 April 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Nog Programme