Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerPhilru

Philru

Naam: Philru

Ouderdom: 26

Tipe Boerdery: Beeste

Huistaal: Afrikaans

Lengte:1. 80m

Hoogste akademiese kwalifikasie: Matriek

Belangstellings: Jag, Visvang, Sport, Boerdery

Kinders: Geen

Dorp en Provinsie: Petrus Steyn, Vrystaat

Vertel ons watter eienskappe jy in jou ideale pasmaat soek:

Ek soek ‘n vrou wat sal aard op die plaas en wat my sal ondersteun in goeie en slegte omstandighede. ‘n Vrou wat naby aan God leef en my sal lief hê soos ek is. Ek wil goeie wortels kan skep saam ‘n vrou wat ‘n voorbeeld stel vir ons nageslag en ook die mense rondom ons.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is ‘n beesboer in die hartjie van die Oos-Vrystaat met ‘n liefde vir die boerdery, my beeste, my bakkie en my honde. Ek geniet die natuur en sien elke struikelblok wat die lewe na my kant toe gooi as ‘n uitdaging en nie as die einde nie. Ek hou daarvan om tyd te spandeer saam vriende en dinge uit my gemaksone te doen, want ek sien dit as groei in myself. Verder hou ek van rugby, krieket, tennis en gholf. Jag is ook ‘n groot deel van my lewe.

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Om mekaar te vertrou.

Goeie kommunikasie en om te luister sonder om te vinnig te oordeel. Respekteer mekaar en mekaar se vriende.

Tel mekaar op eerder as om mekaar af te breuk.

Om in vrede saam te wees en te leef.

Wees daar vir mekaar en bly vir mekaar se suksesse. Om saam Die Here te dien en langs mekaar te loop.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Integriteit

Respek

Lojaliteit

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Puntenerig

Ongeduldig

Kieskeurig

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ja , ek sien myself as romanties, ek sal sê om elke keer iets nuuts te doen, uit die boks te dink, want om elke keer ‘n piekniek te hou is te voorspelbaar. Bederfies en verrassings is vir my belangrik. Nie die waarde daarvan nie, maar die oorspronklikheid.

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis:

Ek was nog nie in baie of lang verhoudings gewees nie want die regte een het nog nie my pad gekruis nie.

BSV S15 Louis M
BSV S15 Francois
BSV S15 Philru