Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerLouisM

Louis M

Naam: Louis M

Ouderdom: 26

Tipe Boerdery: Wildboer

Huistaal: Afrikaans

Lengte: 1,74

Hoogste akademiese kwalifikasie: Diploma

Belangstellings: Jag, Avontuur, Vriende

Kinders: Geen

Huwelikstaat: Ongetroud

Dorp en Provinsie: Mabula-area, Limpopo

Vertel ons watter eienskappe jy in jou ideale pasmaat soek:

'n Vrou soos my ouma Dina: Iemand waarmee ek die lewe kan geniet en alles deel die goed en die sleg. ‘n Vriend en ‘n lewensmaat: iemand wat die slegte dag beter kan maak, wat die moeilikste situasie maklik maak, wat daar is om mens te ondersteun en natuurlik moet sy eerlik liefdevol en vol lewe wees. Sy moet die potensiaal hê om ‘n goeie ma vir haar kinders te wees en ‘n goeie vrou vir haar man.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek hou daarvan om nuwe mense te ontmoet en saam hulle te kuier. Ek hou daarvan om die lewe te geniet en te verken.

Ek is game vir enige iets nuuts en wat 'n uitdaging is.

Ek is ook lief daarvoor om nuwe plekke te verken en om memories te maak

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Verhoudings is werk en dit werk slegs as dit van albei kante af kom, mens moet mekaar aanvaar vir wie jy regtig is en kommunikasie is een van die heel belangrikste eienskappe van ‘n suksesvolle verhouding.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Hardwerkend

Lojaal

Liefdevol

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Ongeduldig

Oorhaastig

Hardkoppig

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ja, 'n Piekniek op die maan

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis:

Ek was al in ‘n paar verhoudings en met ongelooflike goeie mense, ek was ook al verloof gewees maar gelukkig het ons gesien vroegtydig dat dit nie gaan werk nie, ek kan niks sleg sê van enige van my vorige verhoudings nie inteendeel, is ek baie dankbaar vir hulle want dit het my in die man gevorm wat ek vandag is.

BSV S15 Boer Cherie
BSV S15 Philru
BSV S15 Louis M