Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerLouisB

Louis B

Naam: Louis B

Geboortedatum en ouderdom: 26

Tipe Boerdery: Saai-en beesboerdery

Huistaal: Afrikaans

Lengte: 1,8 cm

Hoogste akademiese kwalifikasie: Matriek

Belangstellings: Boerdery Buitelewe Mense

Kinders: Geen

Huwelikstaat: Ongetroud

Dorp en Provinsie: Ottosdal, Noord-Wes

Vertel ons watter eienskappe jy in jou ideale pasmaat soek:

Sy moet lojaal, betroubaar, sterk in geloof wees en goeie morele waardes hê. Sy moet ook spontaan en selftrots wees.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is 'n spontane, gedrewe en energieke mens met ‘n diep kant, 'n lojale persoon teenoor mense wat dit nie misbruik nie.

My stokperdjies is: vlieg, visvang, jag, jaag en skoffel (dans).

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

'n Verhouding wat nie uitgewerk het nie, is nie noodwendig om te sien wat jy nie in iemand ander wil hê nie, maar wie jyself wil wees.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Lojaal

Gedrewe

Spontaan

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Rusteloosheid

Geduld

Hardkoppigheid

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ja, pizza en wyn met 'n mooi sonsondergang.

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis:

Daar was een of twee ernstige verhoudings gewees, maar ek kon nog nie iemand kry wat 100% aanpas by die plaaslewe nie.

BSV S15 Hennie
BSV S15 Rampie
BSV S15 Boer Louis B