Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerHennie

Hennie

Naam: Hennie

Ouderdom: 35jaar oud

Tipe Boerdery: Graan en Wol Merino Stoet

Huistaal: Afrikaans

Lengte: 1.73cm

Hoogste akademiese kwalifikasie: MSc in Financial Management

Belangstellings: Natuur, gholf, finansies

Kinders: Geen

Huwelikstaat: Ongetroud

Dorp en Provinsie: Moorreesburg, Wes Kaap

Vertel ons watter eienskappe jy in jou ideale pasmaat soek:

Ek hou van iemand wat gemaklik is met wie sy is. ‘n Sagte hard maar moet kan standpunt inneem. Sy moet doelgerig wees met drome. Hou van die natuur en diere.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is ‘n persoon wat maklik inskakel en hou daarvan om nuwe avonture aan te pak. Ek is redelik betrokke in die gemeenskap en hou daarvan om te help waar ek kan. Ek spandeer baie tyd in die natuur asook op die gholfbaan

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Geloof/ Kommunikasie/ Eerlikheid – Met die eienskappe kan ‘n mens enige iets aanpak.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Lojaliteit

Eerlikheid

Dinamies

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Kommunikasie

Kompeterend

Beplanner

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Nee, Tussen die berge waar ons stap/oorbly in die stilte van die natuur.

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis:

In my laaste verhouding het ek agtergekom dat jy nie hoef oor alles saam te stem nie. Solank daar kommunikasie en respek is.

BSV S15 Francois
BSV S15 Boer Louis B
BSV S15 Hennie