Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerFrancois

Francois

Ouderdom: 50

Tipe Boerdery: Gemengde Boerdery (hoofsaaklik volstruise)

Huistaal: Afrikaans

Lengte: 1,81

Hoogste akademiese kwalifikasie: Diploma, meganiese ingenieurswese

Belangstellings: Versamel skaalmodelle, buitelewe, natuur, dans, musiek

Kinders: Ja

Indien wel, hoeveel: 1 seun

Huwelikstaat: Geskei

Dorp en provinsie: Oudtshoorn, Wes – Kaap

Vertel ons watter eienskappe jy in jou ideale vrou/maat soek:

Die belangrikste eienskappe vir my is spontaniteit, eerlikheid, Christelike waardes, avontuurlustig, baie goeie kommunikasie. ‘n liefdevolle vrou met ‘n passie vir die plaaslewe. Sy moet selfvertroue hê. Sy moet ook gesteld wees op selfversorging.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Dit wat jy sien is verseker nie al wat jy kry nie. Ek is lief vir die lewe, passievol en wanneer my werk my toelaat, avontuurlustig. Ek is romanties, lief vir kosmaak en lekker gesels. Ek is ‘n mense-mens. Baie lief vir kamp en toer of net ‘n aand deur te bring by ‘n vuur met ‘n wyntjie en ‘n lekker karoo tjoppie. Ek hou daarvan om ‘n vrou te bederf en is glad nie skrikkerig vir ‘n dag by die mall nie.

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Eerlike, kalm kommunikasie.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Geduldig

Goeie kommunikasie

Konstante persoonlikheid/geaardheid

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Te saggeaard Soms te lojaal Soms te vrygewig

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ek is ‘n baie romantiese man. Ek sal moeite doen om by haar gunsteling restaurant of wynplaas ‘n bespreking te maak. Ons begin met ‘n couples’ massage by ‘n spa, sjampanje en haar gunsteling blomme. ‘n Ete en langarm dans, afgesluit met ‘n sjerrie voor ‘n gesellige kaggelvuur.

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis:

Ek is ongelukkig geskei. In my vorige verhouding was daar ‘n groot kommunikasie tekort wat veroorsaak het dat ons met tyd uit mekaar gedryf het (verby mekaar geleef het). Daar was ook bitter baie goeie tye gewees.

BSV S15 Philru
BSV S15 Hennie
BSV S15 Francois