Logo
Binnelanders S13 Slim BB Updated November 2023
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13
Annelize Roux Binnelanders Profile

Annelize Roux

Annelize Roux is ’n ambisieuse dokter wat baie mense verkeerd opvryf. Sy sal enigiets doen om te kry wat sy wil hê – sy het haar in die verlede selfs in ’n huwelik met At Koster gewurm. Annelize het in ’n kinderhuis grootgeword en haar grootste begeerte is iets wat sy nooit sal hê nie, ’n familie. Sy het ’n paar jaar gelede uitgevind haar biologiese pa is ’n man wat sy al die jare geken het en nooit kon verdra nie. Hy is kort daarna deur haar sussie doodgemaak wat nou in die tronk is. Annelize is eintlik ’n tragiese karakter en het ’n weerlose kant aan haar wat sy nie graag wys nie. Sy is tans saam met Conrad aan die stuur van Binneland en is ook ’n Ongevalle-dokter.