Logo
Ladies Launch Mobile BB RHOWL
web uni tv guide

Die Real Housewives van die Wynlande

144Realiteit16 L

Wie; wat; wyn. – Die Real Housewives van die Wynlande

Nuus
02 Mei 2023
Ons kuier lekker in die Wynlande elke Donderdag, maar maak die verskil tussen Chenin en Chardonnay jou kop deurmekaar?
RHOWL

Met amper 2 690 wynplase in ons pragtige land, is dit belangrik om jou tafel- en wyndruiwe agtermekaar te hê. 

Alhoewel jy al heel moontlik by jou vriende en kenners gehoor het dat wyn wat jy weer en weer kan drink, 'n goeie wyn is, is een ding verseker, kan jy nooit te veel weet van die genotsame drankie nie.

Hier is 'n vinnige gids wat jou binnekort soos 'n sommelier sal laat klink:

Enige wyn-beginner ken die basiese verskille tussen 'n glasie rooi en wit, maar om die verskillende wynsoorte en -variëteite te leer kan jou ook baat wanneer dit by jou volgende keuse kom.

Witwyn-druiwe is nie een dieselfde nie en produseer baie verskillende wyne. Terwyl van hulle gewilder is as ander; is daar talle om van te kies.

Hier is hoe om die regte keuse te maak wanneer jy jouself op 'n wynplaas bevind.

Pinot Noir (PEE-noh NWAHR)

Altyd 'n rooi wyn wat almal geniet, die Pinot Noir is geneig om nie te droog te wees nie wat dit 'n maklike wyn maak vir beginners. Hierdie wyn sal perfek pas by pastageregte en hoender disse.

Cabernet Sauvignon (ka-behr-NAY soh-vee-NYAWN) 

Hierdie is die definisie van 'n goeie rooi wyn: Die bottel wat jy hoop om as 'n geskenk te kry omdat dit geneig is om bietjie duurder te wees. Dit is beslis meer aan die droë kant, maar vrugtig van smaak en 'n bietjie swaarder, maar as gevolg van dié perfek saam met 'n rooivleis en romerige disse gaan.

Chardonnay (CHAR-doh-nay)

Beslis die wêreld se gewildste witwyn met een van die mees uiteenlopende smaakprofiele. Jy kan geurige sitrus en die smaak van die eikehout-vate verwag wat hierdie lekker kuier wyn se botterige en romerige tekstuur komplimenteer.

Chenin Blanc (Che-NIHN Blank)

Hierdie veelsydige druif is 'n skitterende ster in beide Suid-Afrika en Frankryk se valleie en ten spyte van sy droër profiel bederf die wyn met geure van peer, geel appel, en gemmer. Skink dit gerus saam met 'n soet-en-suur hoender op 'n lekker warm middag.

Het jy geweet? Alhoewel ons baie verskillende druifvariëteite het wat floreer in ons vrugbare grond, is Pinotage die enigste een wat uniek aan Suid-Afrika is. 

Pinotage is 'n kruising tussen Pinot Noir en Cinsaut wat destyds bekend gestaan het as "Hermitage". Dit is nou een van Suid-Afrika se mees kenmerkende wyne: Hierdie druifsoort was in 1924 deur Professor Abraham Izak Perold by Stellenbosch Universiteit geskep toe hy die beste eienskappe van die robuuste "Hermitage" probeer kombineer het met die goeie wynmaak eienskappe van die Pinot Noir druif. 'n Eksperiment waarvoor talle wynliefhebbers baie dankbaar is. 

Skink 'n glasie elke Donderdag aand om 20:00 en kom kuier saam met Die Real Housewives van die Wynlande.

Skakel in vir die derde episode van Die Real Housewives van die Wynlande om te sien wat Karen in die mou voer. Gesels ook saam op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk, #RHOWL te gebruik.