Logo

Vinkel en Koljander: Rolverdeling

Nuus
14 Maart 2016
Ontmoet die Solomons-gesin, die sterre van die nuwe sitkom, Vinkel en Koljander, hier.
Vinkel Koljander Karakters

Vinkel en Koljander, ’n splinternuwe sitkom wat op op Maandag 11 April om 20:30 op kykNET afskop, fokus op die lewens van die Solomons-gesin.

Die vinkel en koljander in hierdie geval is Cheryl en Neesha Solomons, maar dié twee is in werklikheid nie gek na mekaar nie. Cheryl en Neesha bly onder een dak, met dié dat Cheryl met Neesha se oudste, Riyaan, getroud is. Beide is goed agter die kospotte – Neesha is ’n legende wanneer dit kom by Kaaps-Maleise kookkuns, terwyl Cheryl haar spysenieringsmaatskappy van die grond af wil kry.

Lees meer oor Vinkel en Koljander en die storielyn hier.

Cheryl en Neesha deel nie dieselfde oortuigings nie, wat beteken die vonke spat behoorlik in die kombuis. Cheryl het ’n dogter uit haar vorige huwelik met Erik, die 18-jarige Alida Combrink. Chris, Cheryl se sous-sjef, is smoorverlief op Alida, maar hou dit vir homself.

Waanie, Neesha se jongste, is altyd besig met een of ander plan om groot geld in ’n kort tydperk te maak. Die Solomons se buurvrou, Antie Cathy, loer ook gereeld in. Sy en Neesha is boonop beste vriendinne.

Ontmoet die Solomons-gesin hier onder:

Cheryl Solomons
Vertolk deur Quanita Adams



Neesha Solomons
Vertolk deur Celeste Matthews



Chris Fourie
Vertolk deur Pascual Wakefield



Erik Combrink
Vertolk deur Louw Venter



Cathy Claassen

Vertolk deur Margot Luyt



Alida Combrink

Vertolk deur Tarryn Wyngaard



Waanie Solomons
Vertolk deur Grant Powell



Riyaan Solomons
Vertolk deur Sherman Pharo



Kyk Vinkel en Koljander, vanaf 11 April Maandae om 20:30 op kykNET.