Logo
web uni tv guide

Slank

144LeefstylPG

Tussen tonele met Leandie du Randt

Nuus
05 Maart 2024
Wat motiveer vir Leandie du Randt en wat het sy onlangs op stel geleer?
Leandie du Randt

Vind meer uit oor Leandie du Randt – van haar mees uitdagende rol tot wat altyd in haar handsak is.

Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe?

Waterbottel, foon, script, AirPods, pen & highlighter, parfuum, mouth spray, en sanitizer.

Indien jy kan, watter een van die karakters wat jy al vertolk het was jou gunsteling en hoekom? 

Sjoe dit is moeilik – my top drie is:

  • Sofia in Meisies wat Fluit – Dit was rou en eerlik en dit was genesing vir my na my egskeiding; dit is ook die meeste dialoog wat ek al gehad het in 'n fliek en the most challenging met my vulnerability.
  • Jolene in Hartklop – Ek het die regisseur Christo Davids gelove; ek het so baie by hom geleer. [Tweedens,] die karakter was seer binne, 'n introvert, nie 'n people pleaser nie, en sy het ‘n slegte childhood gehad – dit is als wat ek nie is nie.
  • Emma in Jagveld – Dit was my mees fisiese rol nog; ek het baie geleer oor wat my lyf in staat toe is en die fight training het al letterlik my lewe gered (toe 'n mugger my probeer aanval het). My lyf en muscle memory het oorgeneem toe iemand my probeer mug op straat, dit was net na die film en ek het hom grond toe gevat en terug geveg. Hy het toe sonder enige van my belongings gevlug.

Watter rol het jou al die meeste uitgedaag in jou loopbaan en hoekom? 

Jakkie in Straat onlangs – die karakter se wyse van praat was vir my baie uitdagend en die hele storie was baie presies aanmekaar gesit en baie storielyne was deurmekaar gevleg, so mens moes baie, baie, baie mooi kophou en voorberei – die regisseur Morné du Toit het my lewe met dié gered.

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander akteur/ persoon op stel wat jou geïnspireer het? 

Sjoh, ek voel ek leer elke keer iets by iemand – ons land het baie talent en ek was al bevoorreg om saam met baie, baie goeie akteurs te speel.

Antoinette Kellerman het my op Straat touwys gemaak dat selfs sy met al haar jare se ondervinding nog nervous raak voor scenes en dat dit oukei is en deel maak van die performance adrenalien wat ons as artists fuel en wat ons eintlik goed doen; mens moet net nog steeds vir die scene gaan met alles wat jy het. Ek het toe die nerves meer begin verwelkom eerder as om te dink daar is iets fout of dat ek nie goed genoeg is nie.

Saam met watter persoon in die industrie sal jy nog mee wil werk eendag? 

Anna-Mart van der Merwe en Sandra Prinsloo.

Asook, Julia Roberts, Charlize Theron, Quinton Tarantino en Anthony Hopkins.

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET/Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogals graag daarin wil speel? 

Wyfie [op Showmax]

Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het? 

Ek gooi 'n glas wyn in, huil as ek moet of wil, en dan dink ek aan als wat ek het om voor dankbaar te wees en skryf dit in my app op my foon (doen dit daagliks).

Debrief met my partner – hy is my grootste litmus-toets. Ek dink dit is belangrik om mooi te dink as mens ‘n moeilike dag gehad het of iets 'n matter of life and death is en as dit nie is nie, laat ek dit maklik gaan; as mens eers iemand aan die dood afgestaan het besef mens jy  moenie die small stuff sweat nie en dat daar eintlik altyd 'n oplossing is, al is dit soms om iets net te aanvaar.

En, om te trust dat LIFE IS HAPPENING FOR YOU, veral wanneer jy onder God se sambreel van genade leef. My counsel (vriende en familie) was nog altyd 'n baie belangrike klankbord vir my en ek trust hulle raad en opinies. Mens moet net eers kalmeer voor mens besluite neem of die dam onder die eend uitruk want dan reageer mens baie keer uit emosie en nie uit strategie nie.

Wat is jou motto in die lewe? 

No one can beat you at being you, so BE YOU!

As jy enige ander celebrity moet speel, plaaslik of internasionaal, wie sal dit wees en hoekom? 

Wow ek sal love as Charlize Theron ‘n film oor haar lewe maak en [ek kry die geleentheid] om haar te speel. Ek kom ook uit die Oos-Rand en het ook probeer modelwerk doen en het ook vir lank ballet gedoen. [Ek dink] sy is ook bietjie wild soos ek, maar met 'n authentic hart vir mense en 'n persoonlikheid wat dinge sê soos dit is.

Slank saai op Sondae uit om 17:30 en Donkerbos is op Sondae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Beide is beskikbaar op DStv Stream. Jy kan ook die komedie-fliek Die Groot Dag, asook die dramareekse Hartklop en Straat stroom op DStv Stream.