Logo
OSSS
web uni tv guide

Op Seer Se Spoor

145Dokumentêr13 V

Ommighellie seisoen 2 is op pad: Skryf in!

Nuus
05 Julie 2023
As jy van die Weskus of die Noord-Kaap is en 'n lekker storie het om te vertel, maak kontak met die Ommighellie-span.
Frazer Barry Foto Nardus Engelbrecht 43

Ommighellie is terug in jou sitkamer, en ons soek weer ons mense se stories. In die splinternuwe seisoen gaan maak ons ’n wye draai in die Noord-Kaap en die Weskus, so as jy ’n staaltjie het of iemand ken wat een kan vertel maak kontak met ons.

Onthou ook die storie kan snaaks wees, dit kan ’n hartstorie wees, of sommer maar net ’n mooi staaltjie soos daai wat ons as families kleintyd vir mekaar om die blik vertel het.

Die belangrikste is as jy twyfel, stuur eerder iets as wat jy nou gaan staan en spyt wees na die tyd.

Jy kan vir ons whatsapp op enige manier, ’n video, ’n voice note of sommer jou storie per epos as jy wil.

Onthou net om vir ons te sê waaroor dit gaan, en waar in ons pragtige land jy jouself bevind.

Ommighellie seisoen 2 kom ons nooi mekaar weer in!

Maak kontak hier:

WhatsApp: 063 664 3587

E-pos: [email protected]