Logo
web uni tv guide

Bravo!

144GlansjoernaalPG13

Nuwe tydsgleuf vir kykNET se "Bravo!"

Nuus
13 Maart 2024
Die gewilde Afrikaanse glansprogram, “Bravo!”, spog binnekort met ’n nuwe tydsgleuf en sal van Donderdag 11 April om 21:00 op kykNET in plaas van Sondae om 18:00 uitgesaai word.
Bravo

Bravo! is vir meer as ’n dekade een van kykNET  se ankerprogramme en gee sedert 2012 vir kykers’n blik op die Suid-Afrikaanse glanswêreld, gepaardgaande met kuiers in die binnekringe van bekendes. Die program word deur Ewan Strydom, Reynard Slabbert en Marciel Hopkins aangebied.



Ewan is ook die aanbieder van die werklikheidsreeks, Plaasjapie, waarvan die tweede seisoen ook op 11 April om 20:00 op kykNET begin. 

“Dit is vir my ’n groot voorreg om Donderdae eers ’n stofpadraai by Plaasjapie te gooi om te wys hoe die stadsjapies swoeg en sweet, en dan direk na daarna koers te kies na die rooitapyt,” sê hy

“Gelukkig is ek ewe tuis in ’n stywe Boerboel-kortbroek en -hemp, as ’n swierige swart pak!” 

Weens hierdie skeduleverandering, gaan Fiësta, wat ook reeds vir sowat tien jaar deel is van die kykNET-spyskaart, vanaf 7 April om 18:00 op Sondae uitsaai.