Logo
web uni tv guide

Donkerbos

144Misdaad18 VL

‘n Storie met ‘n raaisel…

Nuus
02 Februarie 2024
Sit jy ook Sondae vasgenael voor die TV om die nuutste episode van "Donkerbos" te ontleed?
Donkerbos article image wolf

As die dae tussenin nuwe episodes net té lank voel, moet nie bekommerd wees nie. Ons het gaan loer na ander plaaslike programme wat jy kan stroom – vee maar solank jou vergrootglas af om dié tonele fyn te kam! 

As jy ‘n aanhanger van Deon Meyer is (wie is nie?), kan jy gerus weer Trackers én Devil’s Peak kyk. 

Trackers is gebasseer op die 2de boek in die Lemmer-reeks en is propvol aksie! Gaan Lemmer betyds die sindikaat kan vastrek? 

Devil’s Peak is gebaseer op Infanta en volg ‘n reeksmoordenaar wat probeer om sy seun se moordenaars te laat boet. In dié boek maak jy ook kennis met die bekende, berugte en briljante speurder, Bennie Griesel… 

Die tweede seisoen van Reyka is tans te sien op M-net, kanaal 101 en Kim Engelbrecht, Iain Glenn en Gerald Steyn is terug om kykers na hul asem te laat snak soos wat die geheime van Reyka Gama se verlede oorvleuel met die nuwe lewe wat sy vir haarself probeer skep weg van die kloue van Speelman af... 

Gaan ‘n nuwe begin in Durban die oplossing wees om te vergeet van die “Sugar cane killer”? Net die tyd sal leer.

 

Vier karakters wat ons deur die jare leer ken het. ’n Karakter wat terug is in ’n poging om vrede met haar verlede te maak. Twee nuwe spanlede wat hulle by die eenheid aansluit. Reeksmoordenaars wat Byl en sy span tot die uiterste toets en een wat hulle telkens ontglip en al meer met makabere dade tart. Dit is wat voorlê in die vyfde seisoen van Die Byl

Kom agter die kap van dié byl deur nou die eerste 4 seisoene te stroom op Showmax en maak seker om in te skakel vir die 5de seisoen op kykNET

 

Luna, wat aan die verkeerde kant van die treinspoor groot word, word die geleentheid van ‘n lewe gegun deur om op ‘n gimnastiek beurs na ‘n spog privaatskool te gaan, maar wie gaan die geheim deel oor die ontgroening wat lelik skeef geloop het... Stroom nou Trompoppie op Showmax

Wie is skuldige wat Lexi Summerveld vermoor het in The girl from St. Agnes? Dit is waaroor almal wonder, maar dit lyk asof almal iéts het om weg te steek... 

Wat is die resep om met moord weg te kom? Dit is die vraag wat in Recipes for love and murder ondersoek word. Gaan Tannie Maria die moordenaar kan vastrek? 

Daar is altyd meer vermaak met DStv en Showmax. Gaan kry die springmielies gereed en begin binge!