Logo

Lekker, Leah! – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
10 Januarie 2019
Leah het in 2018 die land deurkruis om ons boere te help om liefde te vind.
BSV-Lekker-Leah

Leah op die plaas. FOTO: Uit ’n episode van Boer Soek ’n Vrou 11

 

Die lieflike Leah, ’n bekroonde sangeres en bekende aktrise, het haar aanbiederskoene in 2018 met die verfilming van seisoen 11 van die gewilde werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou uitgetoets.

Die “Met jou klere aan”-sanger het die geleentheid met groot opgewondenheid aangegryp om Suid-Afrika van hoek tot kant plat te reis en boonop tien hubare deelnemers by te staan in hul soeke na liefde (al het dit beteken sy was weke lank van haar man, Hennie, weg).

“Dis bietjie anders as ‘normale’ aanbieding,” het sy gesê. “Jy werk regtig met mense se emosies en loop saam met ’n klomp mense ’n pad, so dis ekstra spesiaal.”

KYK: ‘Tan’ jy met jou klere aan? Ons boere het ’n paar vrae vir Leah gevra!

In die proses het ons aanbieder baie van lewe op die plaas geleer. Sy was agter die stuur van ’n strootskraper en ’n vierwielmotorfiets; sy het beeste help aanjaag, vlakvarke gevoer, tamaties gesnoei én leer visvang.

KYK: Boeresport met Leah

Die ervaring was vir Leah soos ’n vars briesie, en sy het op haar beurt raad en ondersteuning aan die boere en hul gaste gebied. Sy het die uitdaging met sagtheid en deernis aangepak en op haar spontane manier van gesprekke voer die boere op hul gemak laat voel.

“Om liefde te vind is vir seker een van die grootste vreugdes van die lewe, maar ek dink om jouself te leer ken en te groei as mens is ’n baie goeie stappie tot ’n gelukkige einde,” was Leah se afskeidsboodskap aan die boere en hul metgeselle by seisoen 11 se reünie.

“Mag julle almal liefde in oorvloed ervaar en dit ook kan uitdeel.”

Blaai deur die foto’s: Leah het die koppe behoorlik laat draai in haar uitrustings

Hier is tien oomblikke met Leah:

Gaan daar nóg ’n seisoen van Boer Soek ’n Vrou wees? Hou dié blad dop om op hoogte te bly!