Logo

kykNET se Dagbreek vat ‘n tydelike blaaskans

Nuus
05 Maart 2015
Na deeglike evaluering van die kykNET skedule is die besluit geneem om die ontbyt- en leefstylprogram, Dagbreek, vanaf 3 April 2015 ‘n tydelike blaaskans te gee.

kykNET se Dagbreek vat ‘n tydelike blaaskans

Na deeglike evaluering van die kykNET skedule is die besluit geneem om die ontbyt- en leefstylprogram, Dagbreek, vanaf 3 April 2015 ‘n tydelike blaaskans te gee.  kykNET het ‘n baie lojale vroegoggend gehoor,  en ons werk tans aan ‘n aanbod wat in die spesifieke behoeftes van hierdie gehoor sal voldoen.

Die laataand-aktualiteitsprogramme, wat gebou was op die Dagbreek-platform sal ook geraak word, maar heelwat daarvan word behou. Meer besonderhede oor die laataand-skedule vanaf April sal binnekort  bekend wees.

kykNET glo daar is heelwat potensiaal om ons laataand-gehoor te groei met ’n vars en innoverende aanbod bestaande uit die regte mengsel van aktualiteit, leefstyl en vermaak.