Ter viering van Suidooster se tiende verjaarsdag vat dié kykNET-sepie hande met Suzuki Suid-Afrika om ’n gelukkige kyker agter die stuurwiel van ’n Swift GL+ (handrat) ter waarde van R249 900 te laat inskuif.
Dié kompetisie skop op Vrydag 5 Desember af. Kykers gaan Suidooster se storielyne moet volg en byhou met dié Suzuki Swift se kenmerke om te kan inskryf.
So werk dit:
· Die kompetisie word op kykNET se webtuiste, www.kyknet.tv aangebied. (Bepalings en voorwaardes geld).
· Vanaf Vrydag 5 Desember gaan daar elke Vrydag na 18:30 tot 26 Desember weekliks twee vrae aan kykers gestel word – dit sal op kykNET se webtuiste verskyn. Een vraag sal handel oor ’n storielyn wat daardie week gebeur het, en die ander vraag oor ’n kenmerk van die Swift.
· Kykers moet elke week die korrekte antwoorde kies en al agt vrae korrek op kykNET se webtuiste beantwoord om in aanmerking vir die prys te kom.
· Die kompetisie sluit om middernag op 31 Desember en die wenner sal teen 30 Januarie 2026 op kykNET se webtuiste aangekondig word.
· Kyk kykNET of kykNET & kie vir meer inligting, of besoek kykNET se Facebookblad.
Net soos Suidooster ’n uiters gewilde keuse onder Suid-Afrikaanse sepiekykers is, is die Suzuki Swift een van die land se topkeuses vir motorkopers.
Die Swift GL+ het ’n 1,2-liter petrolenjin wat goeie brandstofverbruik lewer. En die belangrikste is dat dit werklik ’n baie veilig ryding is wat oor verskeie veiligheidskenmerke beskik.
Die Swift kom ook met vyf jaar/20 000 km-waarborg plus ’n drie jaar/60 000 km-diensplan.
Suidooster, wat vanjaar sy tiende verjaarsdag vier, word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en om 18:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145), uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax
