Logo

Kuier met Boer Soek ’n Vrou se Leah

Nuus
06 Desember 2018
Geniet só ’n middagete saam met aanbieder Leah!
BSV Kuier met Leah

FOTO: Berdene Burger

 

Boer Soek ’n Vrou 11-aanbieder Leah is óók ’n sangeres, liedjieskrywer én aktrise. Wat min mense van haar weet is dat sy ook ’n regtegraad agter haar naam het en ’n paar jaar gelede Rapport se Model van die Jaar-kompetisie gewen het!

Wanneer dié talentvolle slimkop ’n tydjie kon afknyp tydens die verfilming van die 11de seisoen van kykNET se gewilde werklikheidsreeks, het sy sangoefening gedoen, ’n spa besoek of ’n Netflix-reeks vanaf haar selfoon gekyk.

Leah het nie net Suid-Afrika saam met die produksiespan platgereis nie, maar rits ook oorsee rond wanneer sy die geleentheid kry.

As jy Leah sommer self oor haar tyd op die plase, lewe as kunstenaar, skoonheidswenke of plaaslike en oorsese reise wil pols, neem deel aan ons kykerskeuse-ervaring! Wie weet, jy is dalk die gelukkige wenner van ’n middagete saam met Leah en vier vriende van jou keuse!

Blaai deur dié pragtige kiekies, geneem deur regisseur Berdene Burger:

Gallery

Hoe werk dit?

Kliek op hierdie skakel en laat jou stem hoor! Ons wil by jóú weet watter van die deelnemers pas die beste by elke boer.

Tydens elke ronde van die kompetisie word daar aan kykers elkeen tien stemme gegee. Hierdie stemme kan versprei word soos jy goeddink. Gebruik dit om jou gunsteling boer, deelnemer óf paartjie te stem. Let wel dat jy meer as een keer vir een boer of deelnemer kan stem. Gebruik dus jou stemme wys.

Om deel te neem aan die Boer Soek ’n Vrou-kykerskeuse moet jy ’n Facebook- of Twitter-profiel besit. Dít sal jou in staat stel om deel te neem aan die kompetisie vir die volledige duur van die elfde seisoen.

Hoe meer jy stem, hoe groter die kans dat jy kan wen! ’n Onafhanklike ouditeur sal lukraak die wenner kies.

Die middagete sal in Johannesburg of Kaapstad gehou word. Die wenner moet op haar/sy eie onkoste in een van die twee stede kom. Die wenner en die produksiespan sal ooreenkom op ’n dag en tyd vir die middagete wat beide die wenner en Leah pas.

Skakel Donderdae om 20:00 in vir ’n nuwe episode van Boer Soek ’n Vrou 11 op kykNET!