Logo
Diepe waters cast
web uni tv guide

Diepe Waters

144Drama13 VL

Kom ervaar Mauritius se "Diepe Waters"

Nuus
16 Januarie 2023
World Leisure Holidays, het ’n baie spesiale pakket saamgestel, eksklusief vir kykNET-kykers wat ook graag wil deel wees van die opwindende avontuur.
Diepe Waters Mauritius Article Image

Daar heers groot opwinding in die lug want kykNET en World Leisure Holidays het pas aangekondig dat die gewilde akteurs, Werner Coetser (Jacques), asook Eloise Cupido (Rose) van die gewilde telenovela, Diepe Waters, ’n week by die Sugar Beach Resort in Mauritius gaan spandeer vanaf 26 April tot 3 Mei 2023.  Wat alles so opwindend maak is dat World Leisure Holidays aan kykNET se lojale kykers die geleentheid bied om saam met Werner en Eloise teen ‘n ongelooflike prys saam te gaan!

“Ons gaan see toe! En nie net enige see nie, ‘n eiland van alle plekke. As ons kon, het ons nou al ons sakke begin pak en genoeg sonroom gaan aanskaf. Om vir n rukkie te vergeet van die wêreld om jou en met voete in die see en om ‘n  glasie te klink, klink vir my net reg. Wie kan nee sê vir n lekker eiland vakansie saam met jou mense, of dit nou familie is, beste vriend of selfs die mense wie jy elke dag op die kassie sien. Dit beloof om n vakansie te wees wat jy nooit sal vergeet nie,” sê Werner

“Ek gaan nie jok nie. Ek is kinderlik opgewonde en sien só uit na die trippie Mauritius toe. Ek bly gewoonlik in Johannesburg tydens die Desember vakansie. Ek is mal oor die stad en het lekker gewerk op radio hierdie keer. Maar ek is meer as gereed om vir so ‘n rukkie leeg te lê en om aan niks anders as my volgende maaltyd te dink nie! En dalk so bietjie te plas in die see en ‘n swembad. Ek wil soveel as moontlik leeglê, slaap, na die see staar, lekker kos eet. Ek gee glad nie om om terug Suid-Afrika toe te rol nie. Ek sien selfs uit daarna om aan ‘n paar aktiwiteite deel te neem. Mauritius bly steeds ‘n eksotiese bestemming en einlandlewe, selfs net vir ‘n rukkie, is nie te versmaai nie. Ek gaan beslis bietjie speserye en chillies daar ook aanskaf om saam huis toe te bring. Hulle sê mos, naas die keuse van bestemming is een van die belangrikste aspekte van ‘n lekker vakansie, die geselskap. Son, see, dié wegbreek weg van loadshedding, sal beslis die moeite werd wees”, voeg Eloise by.

World Leisure Holidays, het ’n baie spesiale pakket saamgestel, eksklusief vir kykNET-kykers wat ook graag wil deel wees van die opwindende avontuur. 

Dit is ‘n wonderlike geleentheid om kykNET-kykers saam die sterre van Diepe Waters met ‘n World Leisure Holidays wegbreekvakansie te bederf in Mauritius.” sê Leo Smit, Senior Bestuurder: Bemarking – kykNET

Die pakket is nou beskikbaar teen R30 000 per persoon wat ‘n deluxe kamer deel. Dit sluit vlugte, verblyf, ontbyt, aandete, vervoerkostes en lughawebelasting in. Hierdie aanbod is eksklusief vir kykNET-kykers en kan slegs deur middel van hierdie skakel bespreek word: https://wlh.co.za/kyknet/

Nog meer opwindend, is dat een gelukkige kyker wat bespreek vir 2 persone, sy / haar volle pakket kan terugwen.  So moenie wag nie, maak nóú jou bespreking!

Die Mauritius-hotelgroep, Sun Resorts, spog ook met ’n splinternuwe voorkoms en handelsnaam, Sunlife. Dit is nie net ’n splinternuwe handelsnaam nie, maar ook ’n nuwe filosofie en kultuur met betrekking tot alle aspekte van die gaste-ervaring, en bou voort op meer as 45-jaar van trotse geskiedenis en erfenis. Hierdie nuwe hoofstuk sluit ook die bekendstelling in van die Come Alive Collection – ’n reeks unieke oord-ervarings vir gaste om te geniet, insluitend a Energy Gym, Sega Zoomba en Putting on the Ritz, om maar net ’n paar te noem. 

Die vyfster Sugar Beach bied ’n opwindende kombinasie van die verlede en die hede, met glansryke elemente van gister en moderne luukshede van vandag vir ’n onvergeetlike vakansie-ervaring. Om aan te pas by die nuwe voorkoms, is dié oord se kamers en leefareas ook onlangs opgeknap om ’n tikkie weskus-glans weer te gee.  

’n Bekostigbare vakansie op ’n eksotiese eiland en skemerkelkies saam met Werner en Eloise is die ideale manier vir ‘n wegbreekgeleentheid wat jy nooit sal vergeet nie!

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Klik hier https://wlh.co.za/kyknet/ vir dié eksklusiewe aanbod.  

Vir meer oor die Come Alive Collection, besoek: https://www.yoursunlife.com/experiences/

Vir meer inligting oor Sunlife, besoek: www.wlh.co.za