Logo

Koekedoor is hier!

Nuus
03 Maart 2015
Ons tel die slapies af tot die begin van kykNET se splinternuwe realiteitsprogram, Koekedoor! Daar is 13 episodes, 35 uitdagings, 3 beoordelaars en een einddoel: die baie gesogte titel - Suid-Afrika se heel eerste Koekedoor.
Capture

Die dag het uiteindelik aangebreek - kykNET se splinternuwe realiteitsprogram, Koekedoor begin vanaand om 20:30!

Koekedoor is ’n handelsmerk-uitbreiding van die baie gewilde Kokkedoor - die onthoukosrealiteitsreeks op kykNET.  Met Koekedoor is kykNET op soek na die land se heel beste bakker - hetsy soet of sout. Elke week sal daar van die kandidate verwag word om volgens ’n tema hulle allerbeste gebak voor te sit in die splinternuwe Koekedoorkombuis in Tulbagh.  Daar is 13 episodes, 35 uitdagings, 3 beoordelaars en een einddoel:  die baie gesogte titel - Suid-Afrika se heel eerste Koekedoor!

*Gesels saam op die Koekedoor Facebook blad.

*Besoek die splinternuwe Koekedoor webwerf om meer oor die beoordelaars en eerste episode uit te vind.