Logo
Showpage Billboard 1600x800
web uni tv guide

Hannes Aan Huis

144LeefstylPG13 L

Is jou ma die beste kok?

Nuus
29 Augustus 2022
Skryf in vir dié nuwe program!
My ma kook beter as joune

Daar word gesê dat sommige talente ’n generasie oorslaan en wanneer dit met kookvernuf kom, is dit gereeld waar. Jou ma is dalk die beste kok, maar alles wat jy aanpak is ’n flop.

Klink dit bekend? Dan is kykNET & Kie se nuwe vermaaklikheidsprogram net reg vir julle. In My ma kook beter as joune gaan twee spanne teen mekaar deelneem. Die spanne bestaan elk uit ’n ma wat haar plek in ’n kombuis kan volstaan en een van haar kinders wat glad nie kan kook nie. Die wenspan neem ’n stewige R10 000 huis toe en kan spog: My ma kán beter as jou ma kook.

Die belangrikste reël is dat daar ’n nou familieverwantskap tussen die voornemende deelnemers moet wees. Seuns of dogters kan saam met hulle ma’s deelneem. Aansoeke, wat ’n kort video en aansoekvorm insluit, sluit op 24 September en oudisies van dié op die kortlys sal op 3 Oktober gehou word. Die reeks word van 24 Oktober tot 1 November 2022 by Homebrew Films se ateljee in Kaapstad verfilm.

Hoe maak mens? Maak saam ’n kort video van maksimum drie minute waarin julle mekaar voorstel en vertel hoekom julle een van die spanne met wees. Onthou, Ma is die een wat tuis is in die kombuis en die kind is die een wat glad nie kan kook nie. Vertel wat Ma die graagste kook en deel ’n staaltjie of twee van wat al in julle kombuis gebeur het. Hou dit lig en vermaaklik en moenie skroom om skandes en geheime te deel nie.

Stuur die video per WhatsApp na 079 111 0019 en die inskryfvorm, wat op kykNET.tv beskikbaar is, na [email protected].