Logo

Hoe om jou musiekvideo op die lug te sien

Nuus
04 April 2024
Wil jy hê jou musiekvideo moet op kykNET NOU! uigesaai word? Maak dan seker dat dit aan die volgende riglyne voldoen.
Musiekvideo riglyne artikel image

Waarna is ons opsoek?

Jou musiekvideo moet ’n oorspronklike storielyn of konsep hê. Die paneel moet kan sien dat

daar beplanning plaasgevind het, voordat die video geskiet is.

Maak seker dat jou video gemaak word deur persone met die nodige vernuf en met toerusting wat sal sorg dat die video van uitsaai-gehalte is.

Jy / jou groep moet ooglopende musikale vernuf en vermoëns toon.

Die liedjie en video moet ‘n goeie musikale struktuur hê en bemarkbaar wees.

Kyk na die kanaal en maak jouself bekend met die kanaalstrategie, om te verseker dat jou musiek en musiekvideo by die kanaalstrategie inpas.

Vermy asseblief die volgende in musiekvideos vir die kanaal:

- Enige teks (overlay) op die video, soos byvoorbeeld die kunstenaar of die liedjie se naam

- Opsigtelike handelsmerke

- Enige vorm van advertensie

Hoe kan ek my video stuur vir goedkeuring?

- Stuur asseblief ’n YouTube link van jou video aan [email protected].

- Indien daar nog nie ’n YouTube link beskikbaar is nie, kan jy ’n WeTransfer skakel aanstuur.

Wat moet ek alles doen, indien my musiekvideo goedgekeur word?

- Voltooi asseblief die MVCS vorm en stuur dit terug vir kanaal. Die MVCS moet asseblief digitaal voltooi word.

- Die kontrak moet asseblief voltooi en teruggestuur word, indien die musiekvideo nie by RiSA geregistreer is nie.

- Lewer asseblief jou video af via Aspera, volgens die vereistes wat op die spec sheet te vinde is. 

- Die kontakpersoon by kykNET sal jou in verbinding sit met die span wat jou sal help om die video af te lewer.

Op watter kanale gaan my video speel?

Jou musiekvideo word hoofsaaklik oorweeg vir kykNET NOU! Lugtyd op die ander kykNET- kanale word afsonderlik deur die paneel oorweeg.

Speel julle Engelse musiekvideos?

kykNET NOU! fokus op Afrikaanse musiek. Daar speels slegs ’n klein hoeveelheid Engelse musiek, indien dit by kanaalstrategie inpas.

Mag daar vloekwoorde in my musiekvideo wees?

Ons volg maatreëls wat deur die BCCSA vasgestel word. Indien jou musiekvideo vloekwoorde bevat, mag ons dit slegs na ’n seker tyd in die aand skeduleer, afhangende van die woorde wat gebruik word. Die video kan ook ’n hoër “rating” ontvang indien daar geweld in die video is, of indien daar drank of dwelms gebruik word, wat ook beteken dat dit slegs later in die aand gespeel sal word.

Hoe lank gaan my video op kykNET NOU! speel?

’n Musiekvideo word nie geskeduleer met ’n einddatum in gedagte nie. As dit ’n hoë-gehalte video is, kan dit moontlik vir die volgende 10 jaar op die speellys wees.

Word ek betaal vir elke keer wat my musiekvideo speel?

kykNET betaal maandeliks vir RiSA (Recording industry of South Africa), wat dan die kunstenaars vergoed. Jou musiekvideo moet egter by RiSA geregistreer wees, alvorens jy die vergoeding sal ontvang. Indien jou musiekvideo nie by RiSA geregistreer is nie, word daar geen vergoeding gegee aan die eienaar van die musiekvideo nie.

Laai hier die nodige dokumente af: