Logo
Ladies Launch Mobile BB RHOWL
web uni tv guide

Die Real Housewives van die Wynlande

144Realiteit16 L

Hoe om "Die Real Housewives van die Wynlande" te geniet

Nuus
19 April 2023
Wonder jy hoe om die nuutste toevoeging tot die “Real Housewives”-franchise te geniet? Hier volg al die antwoorde.
RHOWL Streaming Article Image

Wie?

In dié seisoen van van “Real Housewives” maak Amy Kleinhans-Curd, Mariska Thorpe, Karen Schwendtke, Candice Bester, Michelle van Zyl en Anita Lloyd hul droomhuise se deure, hulle harte en hulle lewens vir kykers oop.

Vind meer uit oor die dames deur hier te klik:

Wanneer?

Die eerste seisoen van Die Real Housewives van die Wynlande begin amptelik op 20 April 2023 om 20:00 op kykNET, kanaal 144.

Waar?

Jy kan ook saam gesels op sosiale media deur die volgende hutsmerke te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram: #RHOWL, #RHOWL_Mariska, #RHOWL_Amy, #RHOWL_Michelle, #RHOWL_Candice, #RHOWL_Karen en #RHOWL_Anita.

En beurtkrag?

Indien jy bekommerd is oor beurtkrag terwyl jy eintlik net wil ontspan met ‘n glasie wyn en Die Real Housewives van die Wynlande geniet, moet nie bekommerd wees nie: Al wat jy nodig het is data om steeds die episode regstreeks op die DStv-app te stroom Donderdae om 20:00.

As jy nie toegang het tot sein tydens die episode nie, kan jy ook vorige episodes aflaai om te stroom op die DStv-app. Hier volg die stappe om die episodes af te laai:

•          Gaan na die App store (IOS) of Play Store (Android).

•          Gaan na die soek-funksie en tik “DStv” in.

•          Installeer die app op jou foon of tablet – volg dan die instruksies op die skerm.

•          Klik op “Open”.

•          Teken in en kies jou profiel.

•          Soek dan "Die Real Housewives van die Wynlande” en klik op die plakkaat.

•          Klik op die episode wat jy wil aflaai se wolkie – kies watter grote jy die episode in wil aflaai – hoe groter die episode, hoe beter die resolusie

•          Geluk! Jy het die episode afgelaai – gaan dan later terug en klik op ‘downloads’ en geniet jou episode!

As jy nie Afrikaans is nie?

Die “Real Housewives” was dadelik ‘n treffer gewees onder kykNET-kykers. Die eerste Afrikaanse weergawe van die “Real Housewives”-franchise het omtrent die hele land aan die gons gehad en Die Real Housewives van die Wynlande beloof om dieselfde te doen. Om te verseker dat almal kan deel in dié weergawe, word alle episodes uitgesaai met Engelse onderskrifte.

*Built for success, “Real Housewives” was an immediate hit amongst kykNET viewers. The first rendition of the franchise in Afrikaans, Die Real Housewives van Pretoria was on everybody’s lips and the ladies of the Wynlande are sure to continue the popularity of this franchise. Because of this, all the episodes are broadcast with English subtitles so that all viewers can enjoy the show and have something to “skinder” about with their colleagues, friends and family on Fridays.

En as die kinders nog wakker is?

Het jy nog altyd gewonder hoe om die klankbaan te verander wanneer jy ‘n televisieprogram geniet met jou kinders?

Klik hier om uit te vind presies hoe om die klankbaan te verander.

Skakel in vir Die Real Housewives van die Wynlande vanaf 20 April 2023 om 20:00 op kykNET, kanaal 144 en onthou dat jy saam kan gesels op Facebook, Twitter en Instgram deur die hutsmerk, #RHOWL te gebruik.