Logo
Slim BB spoorloos
web uni tv guide

Spoorloos

144Drama13 VL

Hannes en die prof - Spoorloos: Die eiland

Nuus
23 Augustus 2022
Hannes van Wyk vertel oor sy nuwe karakter en lewe agter die skerms. Lees meer hier.
Spoorloos: Die eiland Hannes van Wyk

In die nuwe seisoen van Spoorloos, is Hannes van Wyk te sien as prof. Eddie Franken, die skugter akademikus wat Emma op universiteit ontmoet.

 

Wat het jy die meeste van die rol geniet?

Prof is ’n komplekse karakter, maar ook gewoon en dit is altyd die moeilikste rol om te speel. Ook die feit dat die kyker nie altyd weet hoe hulle oor hom voel nie.

 

Hoe sal jy die jong talent in die vermaakwêreld beskryf?

Verstommend! Daar is soveel wonderlike jong talent. Wat my die meeste van die jong talent op Spoorloos beïndruk het, is dat hulle ook bereid is om te leer; soos ons akteurs maar konstant doen. Ons leer elke dag.

 

Wat is alles in jou dagboek tot die einde van die jaar?

Nogal besig. Tussen deur Kwêla en Hannes aan huis se opnames, skiet ek op die oomblik aan ’n reeks van dertien episodes. Magda Louw was ’n storiefilm op kykNET en is nou in ’n reeks ontwikkel. Ek speel Erhard Louw, Magda se man, en die karakter is so 35 jaar ouer as ek. Nogal ’n uitdaging, maar heerlik. Ek sit onder meer twee ure elke dag in die grimeerstoel. 

Dan werk ek en Danie Niehaus aan ’n konsert wat ons volgende jaar mee wil gaan toer. Dit gaan oor die liefde...

 

Wat was die vreemdste ondervinding wat jy al met ’n aanhanger gehad het?

Ek is aaklig behandel toe ek destyds die karakter Krynauw du Buisson in Egoli gespeel het. Met warm koffie gegooi, mense het geweier om my in winkels te help en so aan en so aan.

 

Hou jy van die see? Sou jy soos jou karakter ’n lewe daarvan kon maak?

Ek sou. Veral as daar diere betrokke is. Ek is baie, baie lief vir diere.

 

Watter klassieke teaterrol sal jy wil speel? 

Enige rol in ’n stuk deur Tennessee Williams.

 

Skakel elke Dinsdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir die nuutste episode van Spoorloos: Die eiland. Gesels ook saam op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk, #Spoorloos te gebruik.