Logo
OSSS
web uni tv guide

Op Seer Se Spoor

145Dokumentêr13 V

Frankie en Felipé lokprent nou aanlyn!

Nuus
01 Desember 2023
Die lokprent vir “Frankie en Felipé”, die jongste fliek van The Film Factory en Sturvy Pictures, in samewerking met kykNET Films, kan van vandag af aanlyn en in rolprentteaters gesien word. Die fliek sal vanaf 23 Februarie 2024 landswyd in rolprentteaters te sien wees, en word uitgereik deur Filmfinity (Edms) Bpk.
Frank en Felipé

Die lokprent vir Frankie en Felipé, die jongste fliek van The Film Factory en Sturvy Pictures, in samewerking met kykNET Films, kan van vandag af aanlyn en in rolprentteaters gesien word. Die fliek sal vanaf 23 Februarie 2024 landswyd in rolprentteaters te sien wees, en word uitgereik deur Filmfinity (Edms) Bpk.



Franklin Blaze (Bradley Olivier), 'n hardwerkende man uit 'n verarmde agtergrond wat hy geheim hou vir sy kollegas en verloofde, Kim Fortuin (Kim Syster), besef sy opkomende troue en werk is op die spel wanneer sy biologiese halfbroer, Felipé Baadjies (Solomon Cupido), kom aanklop vir hulp. Felipé is 'n passievolle, maar verlore siel wat dringend geld nodig het en dreig om Franklin se geheime te verklap as hy hom nie help om die geld terug te betaal wat hy verskuldig is aan ’n venynige geldskieter nie.

Met sy rug teen die muur besluit Franklin om toevlug te bied vir sy broer en hom in te sluit by die troue, maar kort voor lank is hy spyt oor dié halsoorkop besluit... Kan Frankie en Felipé hul broederband tot voordeel van hulle albei laat herleef? Of sal hierdie fasade die troue van die jaar verwoes?

Met regie deur Marvin-Lee Beukes en Nick Burton Moore as kinematograaf, sluit die rolverdeling onder andere in Bradley Olivier, Solomon Cupido, Kim Syster, Bianca Flanders, Ilse Klink, Zane Meas, Shimmy Isaacs, Danny Ross, Bouwer Bosch, Lee-Ann van Rooi, Brendon Daniels en Terence Bridgett.

Frankie en Felipé is ’n projek baie naby aan my hart. Ek, Bradley en die span werk al vir die afgelope vier jaar aan die film, en nou kan die publiek uiteindelik ’n voorsmakie kry van wat hulle op 23 Februarie 2024 kan verwag. Ek is so opgewonde soos ’n kind op Kersdag!” - Solomon Cupido.

Frankie en Felipé is vanaf 23 Februarie 2024 landswyd in rolprentteaters te sien.