Logo

Die Mannheim-sage: Eersdaags op die kassie

Nuus
07 September 2016
Kyk Die Mannheim-sage, Donderdae om 21:00 (herhaling Saterdae om 10:00) slegs op kykNET&kie. Lees meer hier oor dié reeks.
Die Manneheim Sage

Sandra Prinsloo en Hans Strydom is binnekort te sien in Die Mannheim-sage, ’n periodedrama wat afspeel in die dae van die Witwatersrand se goudstormloop.

Dié reeks volg die wel en weë van Deborah von Albein in Johannesburg tydens 1886, en vertel die storie van geldgierigheid, oorwinning en passie.

Die Mannheim-sage speel af in die beginjare van Johannesburg – die dae toe goud “nog in die strate opgetel kon word”. Sandra vertolk die rol van die beeldskone Deborah, wat van ’n arm jong meisie ontwikkel na ’n sakevrou in beheer van die Mannheim-skatte.

Deborah raak romanties betrokke by ’n sjarmante Ier, Kit Malloy (vertolk deur Hans Strydom), en Karel von Mannheim (vertolk deur Richard van der Westhuizen), die skatryk erfgenaam van ’n handvol goudmyne.

Die rolverdeling spog verder met Chris du Toit, Lulu Strachan, Percy Sieff, Grethe Fox, Trix Pienaar, Trudie Taljaard, Sybel Coetzee, Brian O’Shaughnessy en Lynne Maree.

Skakel vanaf Donderdag 8 September 2016 in vir Die Mannheim-sage, ’n storie gebaseer op Lerina Erasmus se gelyknamige treffer-trilogie.

Kyk Die Mannheim-sage, Donderdae om 21:00 (herhaling Saterdae om 13:00) slegs op kykNET&kie.