Logo
Ladies Launch Mobile BB RHOWL
web uni tv guide

Die Real Housewives van die Wynlande

144Realiteit16 L

Bosveld etiket - Die Real Housewives van die Wynlande

Nuus
10 Mei 2023
Nadat die dames 'n kort kuier by Karen se luukse wildsplaas geniet het, het ons opgemerk dat sommige dalk 'n "crash course" nodig het in hoe om jouself te gedra wanneer jy in die natuur is.
RHOWL

Wat om te pak

Die bosveld is bekend vir sy warm temperature so om los en gemaklike klere te pak is altyd 'n goeie idee. Alhoewel, sodra die sonstrale agter die laaste doringbome verdwyn kan dit koud word, so maak seker dat jy iets warm inpak vir die nag.

Ons beveel nie aan dat jy jou nuutste luiperdrukhaksoeke of blink-top inpak nie, al is dit in 'n pragtige beige wat jou laat voel soos "safari Barbie". Enige iets wat weerkaats of te veel blink kan voëls en diere afskrik terwyl julle op 'n wildrit is.

Luister en fluister

Wanneer jy op 'n wildrit is, is dit belangrik om te luister en te fluister. Jou gids weet presies waar om die beste plekke vir jou te vind om jou gunsteling wilde diere van naby te sien. Vetrou dat hy weet waarheen hy gaan en moet nie probeer "backseat drive" nie. Hy is ook opgelei om jou te beskerm indien van die diere besluit om die toer te vergesel.

Wanneer jy op die wildritvoertuig is, is dit belangrik om te fluister indien jy moet praat. Die gidse luister vir geluide om vir hul 'n aanduiding te gee van waar die diere is, en dit is ook respekvol teenoor die ander gaste. Nie almal gaan belangstel in waar jy jou wittebrood deurgebring het nie, maar eerder die vrede en stilte wat gepaard gaan met in die natuur wees.

Onthou om sonskerm en 'n hoed te dra. Die Afrika-son kan jou dalk soos 'n inheemse-panda laat lyk wanneer jy jou sonbril afhaal.

By die kamp

Daar is niks meer ontspannend as om in die natuur te sit langs 'n brullende vuur met 'n glas wyn nie, maar ongelukkig sal die inboorlinge ongenooid opdaag.

Wanneer jy in die bos is, sal jy gegroet word deur goggas, muskiete en dinge wat jy nie verwag het om in jou skoene te kry nie. Maak seker dat jy jou insekweermiddels en 'n flits om jou pad te verlig in te pak. Dit word ook aanbeveel om toe skoene te dra, net ingeval 'n slang of skerpioen besluit het om daardie nag dieselfde pad as jy te neem.

Skakel in vir die nuwe episode van Die Real Housewives van die Wynlande om te sien of die dames se nuwe vriendskappe dit in een stuk van Karen se wildsplaas af maak. Gesels ook saam op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk, #RHOWL te gebruik.