Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Bie op Bibi en Blitz

Nuus
05 September 2022
Die amptelike GMR-aandenkingsveiling.
Getroud met rugby veiling

Die gewilde daaglikse sepie Getroud met Rugby  groet op 30 September 2022 ná meer as ’n dekade op die lug. Kykers het die Stryders en hulle geliefdes in 2009 die eerste keer ontmoet toe Getroud met Rugby as ’n dramareeks van 13 episodes uitgesaai is. Nog vier dramareekse het gevolg en in 2016 het dit ’n daaglikse sepie geword.

Om ’n reeks en sy karakters na soveel jare te groet, is soos om van geliefde familie afskeid te neem. Maar nou is jou kans om ’n stukkie van die reeks vir jouself te hou.

Van 12 tot 16 September 2022 word ’n veiling gehou waar memorabilia en spesiale aandenkings uit Getroud met Rugby te koop aangebied gaan word. Al die fondse wat ingesamel word, gaan aan die Tribuo-fonds, ’n fonds wat in die grendeltyd begin is om die kunste te ondersteun.

Van die aandenkings op die veiling sluit in Blitz se baadjie toe hy die eerste keer in die reeks verskyn het, Koekie se voorskote, Maryke se trourok asook getekende plakkate en rugbyballe deur die akteurs.

Hierdie is ’n sonderlinge geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Wys jou bloed is Stryder-rooi en maak ’n Getroud met Rugby-aandenking deel van jou lewe. Klik hier om te bie op jou gunsteling-item.